gewildstegedigte.litnet.co.za » I.D. du Plessis

Rietfontein
By Rietfontein se leidam, as die reier staan en droom,

En gepluimde peerboomtakke bloeisels sprinkel in die stroom,

Word op maanverligte nagte nog ’n sombere tafereel

Van haat en lus en liefde deur gestorwenes afgespeel.

Wit is die water

En blond is die maan,

En bly is die paar

Wat gearmd daar gaan.

Versilwerde bome

Ruis in die laan;

Wit is die water

En blond is die maan.

’n Honderd jaar gelede het die buurt se mooiste blom

So in die helder maanlig na die peerboomlaan gekom;

Maar terwyl sy en haar minnaar in confetti-bloeisels staan,

Het ’n ander in die skaduwee langs die dam se wal gegaan.

Wit is die water

En bleek is die maan.

Wie is dit wat daar so

Geruisloos gaan?

’n Huiwering trek

Deur die bome in die laan;

Wit is die water

En bleek is die maan.

O, salig die verrukking wat die suiwere liefde bring,

En vrolik het die harte van die paartjie daar gesing

By Rietfontein se leidam, in die wit lig van die maan;

Maar oorkant langs die peerboom het ’n skaduwee gegaan.

Wit is die water

Maar bleker die maan.

Wie is dit wat daar so

Doelbewus gaan?

Verdonkerde bome

Bewe in die laan;

Wit is die water

Maar bleker die maan.

Kortstondig soos die dou wat smôrens skitter op die roos,

Kortstondig was die enkel uur van samesyn se troos.

Op bloedbevlekte bloeisels lê die paartjie in die laan,

Terwyl ’n swart gestalte onder peerboomtakke staan.

Bloed in die water

En bloed in die laan.

Wie is dit wat daar so

Roerloos bly staan?

Vormlose skaduwees

Kruip oor die maan;

Bloed in die water

En bloed in die laan.

By Rietfontein se leidam, as die reier staan en droom

En gepluimde peerboomtakke bloeisels sprinkel in die stroom,

Word op maanverligte nagte nog ’n sombere tafereel

Van haat en lus en liefde deur gestorwenes afgespeel.

Bloed in die water

En bloed in die laan.

Wie is dit wat daar so

Skuldbewus gaan?

Vormlose skaduwees

Kruip oor die maan;

Bloed in die water

En bloed in die laan.

Kaalvoet klonkie
Verflenterde kaalvoet klonkie

Wat groente verkoop in die reën,

Met jou lelike skurwe tone

En jou lendelam hoepelbeen,

Jy kom met jou venterliedjie

Deur die mistige Kaapse straat

En helder sing jy die woorde

Op jou eie koddige maat:

Lekka, lekka ywe,

Laat die ghantang nader skywe!

Tamaties en ywe so vars van die Strand

En baie kiri slam by die hys se kant!

Jy kom uit ’n deel van Kanaldorp

Waar die dienders gewapend moet gaan

En die weerlig van ’n skeermeslem

In ’n donker hoek neer mag slaan.

Miskien kon jy “Bismillah” sê

Vanmôre, omdat in die kas

Wat dae lank so leeg moet bly,

Daar weer ’n broodjie was?

Of dink jy al aan Nuwejaar

As die troepe deur Waalstraat stroom

Van die Bo-Kaap na die Onder-Kaap

Langs die stomp van die Slaweboom?

Is dit wat jou so laat bokspring

En dans op jou hoepelbeen,

Verflenterde kaalvoet klonkie,

As jy groente verkoop in die reën?

Ek hou van die vrolike klanke

Waarmee jy die winter tart.

Sing jy hierdie ligte deuntjie

Bo ’n somberte in jou hart?

En as jy óp na die Boereplein

Met jou boepens-mandjie gaan,

Dan trek jou parmantige liedjie

Deur die strate agter jou aan:

Lekka, lekka ywe,

Laat die ghantang nader skywe!

Tamaties en ywe vars van die Strand

En baie kiri slam by die hys se kant!